Tuis

Kopiereg 2016 © Boervolk Kultuurbeweging | Alle regte voorbehou | Ontwerp en instandhouding deur Pixels Design Studio

Facebook

Whatsapp Groep

Sosiale Media

E: henning@boervolkkultuurbeweging.co.za

T: 083 755 2177

Kontak Besonderhede:

Boervolk Kultuurbeweging - logo

BOERVOLK
KULTUURBEWEGING

BOERVOLK
KULTUURBEWEGING

KONTAK ONS BY 083 755 2177

Tuis
Wie is ons
Geloftes
Vlae en Volksliedere
Nuusblad
Laers & Voorbereiding
Winkel
Kontak ons

Skakels:

You are here:

Wie is ons

Die Boervolk Kultuurbeweging het sy ontstaan verkry op Boshof in die Vrystaat, op 31 Mei 2013, as die Afrikaner Kultuurbeweging. Met ‘n oproep van Theuns Cloete en die vraag of ek ‘n Boer of Afrikaner is, het ek my inligting verkry vanaf www.boervolkradio.co.za en tot die besef gekom, ek is ‘n Boer en van daar die voortbou en die opbou van die Boervolk Kultuurbeweging. Daarna is die Boervolk Kultuurbeweging ook nog verder goed tereg gewys deur Dawid Boerseun en nog vele ander leermeesters.


Die Boervolk Kultuurbeweging is daar, sodat die kultuur van die Boervolk weer hervestig kan word, d.m.v. kultuuraksies en jeugkampe en op die wyse word die ware boervolk geskiedenis weer aan hul kinders oorgedra. Op die manier kan ware patriotisme weer by die Boervolk gekweek word en ontstaan, sodat die Boervolk weer kan op staan en saamstaan vir dit waarvoor hulle staan!.


Die Boervolk Kultuurbeweging is nou in proses om die Boervolk weer bymekaar te kry in Laerformaat, in elke dorp en in elke voorstad met n Laerleier, vir leiding en bystand in die Laer, sodat die Boervolk weer doelgerig en met trots terug kan beweeg na hul Boere Republieke wat die Engelse op wreedaardige wyse by die Boervolk afgeneem het.


Die Boervolk Kultuurbeweging gebruik die 1933 Bybelsevertaling as riglyn en glo en vertrou in en op God. Sonder God is ons niks en sonder God as ons Leidsman sal ons niks behaal en bereik nie. Ook gaan die BKB in geen Godsdiensoortuigings of twiste betrokke raak nie.


Die Boervolk Kultuurbeweging vra ook geen ledegeld nie maar vra dat elke lid aktief betrokke sal raak, want ons glo ook daarin dat as jy iets wil behaal en bereik in die lewe, dan moet jy iets daar omtrent doen!.


Omrede dit die Boervolk se Kultuur is om te bou en te bewaar en te beskerm, is daar ook BKB Werkskepping en BKB Veiligheid. Ons moet die Boervolk weer aan die werk kry en ons moet die Boervolk weer veilig kry.


Die Boervolk nooi u nou uit om aktief betrokke te raak. Dit is vir ons as boervolk en ons kinders se toekoms! Die Volk het u nodig!.


Wat ons doen is vir die Boervolken die Boervolk alleen!!


Hou ook in gedagte dat by elke liewe aksie van die BKB is daar GEEN drank nie! Ons moet die Boervolk weer nugter kry!

Sirkel: Die wiel van die ossewa wat ons van uit die onderdrukking gelei het na onafhankilikheid. Eenheid van die Boervolk wat in laerformasie ons self handhaaf, opbou, vooruitstreef en leef.

Kruis: Christus se soenverdienste. Erkenning aan die wat gesterf het vir die vryheidsideaal.

Ossewa: Die beskutting waarmee ons die onbekende in gaan.

Fakkel: Die lig van die Evangelie wat die onbekende in gedra word. Die hoop wat brand vir die toekoms wat ons in gaan.

Leeu: Die Leeu van Juda. Sterkte en krag vir die Boerkultuursaak.

Bybel: Ons rugsteen en insiggewer sodat ons nie sonder die leiding van God die onbekende sal aanpak.

Lint: Oorwinnigsbanier van die stryd wat die Boervolk Kultuurbeweging se wese verkondig.

Liefde: Vir God, mede-burgers en ons naaste.

Geloof: In God. Die opbou en uitbrei van die Boervolkkultuur.

Harmonie: Saamhorigheid in leefwyse en met gesprek.

Respek: Vir God Almagtig, mede burgers, natuur.

Dissipline: Gehoorsaamheid aan gesag, selfbeheersing, ordelike gedrag.

Orde: Handhaaf van reëls en tug.

Trots: Fier en statig. Selfverwesenlik ten spyte van omstandighede.

Doelgerig: Bereik en uitleef om die boervolk kultuur weer te vestig en uit te bou.

Dankbaar: Die uit leef van dankbaarheid teen oor God en medeburgers sodat ons eendragtig en vol moed die huidige kan hanteer asook die onbekende toekoms wat voor ons uit strek.

AGTERGROND

EMBLEEM EN LEUSE - SIMBOLIEK

LEUSE

As ek Storm, Volg my.

As ek Val, Wreek my.

As ek Omdraai, Skiet my.

LEIERSKAP

Leier van BKB - Henning van Rensburg

HENNING VAN RENSBURG

Henning het die Boervolk Kultuurbeweging op die been gebring en is die stigter van die beweging
083 755 2177

Lydia van der Merwe - Kommunikasie

LYDIA VAN DER MERWE

Kommunikasie beampte van Boervolk Kultuurbeweging
071 196 2808